Seisoen Engel (gedig)

 

Suiwer maak ek die weg oop

Die vlee sit op my kop

Eks verlore op soek na jou

Maar tog konsentreer ek want eks die verlore ou

 

Ek het my e-mail gelees van jou

En skielik besef ek maar ek voel nog iets vir jou

My oë blooi die onwaarheid weg

En eks so jammer maar jy is my weg

 

Ek soek na die sterre en kry die see

Ek waai vir die bome maar die seisoene stagneer

Verlore kind met vlerkies op sy rug

Maar eintlik is dit n skoenlapper op soek na die lig

 

Die donga in die grond

Gegrawe vir my kwaad

Want daars geen rede om weer n stupid fout te maak

 

Maar eintlik smag ek na die waters van bo

Maar wat ek kry is n glimlag

En ek weet dat Hy kyk na my met Sy oë

 

Eks ondankbaar vir wat ek als het

Die suiwer lug,son,maan en vriende wat my ondersteun

Maar tog soek ek na my soek vir myself

Tot ek besef dat as ek in myself delf kan ek die antwoord

vind

Want diep binne elke mens bly almal n kind

 

Die wind kan waai en die tyd kan loop

Maar die kringe en die lewe is groot

En ek stap die paaie en loop my loop

Maar besef my engel dat jy altyd my middelpunt van my denk wyse sal bly

En met foute,kwaad ,smart en verdriet bly jy my harte dief

~ by skemerkind on April 18, 2007.

2 Responses to “Seisoen Engel (gedig)”

  1. oulik! Wie is die meisie?
    PG? Het jy nou net jammer met een ‘m’ gespel??

  2. PG, dit is ‘n pragtige gedig, regtig., en ja, mens bly steeds kind van binne!…ek verkies kindbly*

Leave a Reply