Die weerkaatsing van emosies…

 

dscf7624.jpg

Ek weet nie van julle, maar ek is redelik ‘n maskermens as dit by emosies kom.

Ek het gewoonlik my vriendelike gesigie op. As mense vra hoe gaan dit sal ek se goed, ag wat die normale sirkel van die lewe. Ek het die afgelope maand soos n wasgoedmasjien gevoel soos my emosies krieket gespeel het met my.

Ek was gelukkig tot die meisie wat ek regtig mal oor was, en nogsteeds vir haar voel bietjie vas gesit het. Die uiteinde was toe regtig ‘n “uit” einde. Ons was toe nie meer saam nie. Die hartseer het my begin klouter, maar ek het my man probeer staan. Die week het gesukkel om verby te vlieg en my denke was nie objektief nie. Ek het meer teen myself baklei. My moet was saam geskraap en sondag praat ons die dinge uit? Of so het ek gedink…Drie dae later hoor ek van n ander karnalie wat sy getakel het.Weerneens was dit hartseer wat oorheers, meer woede en natuurlik verbaas.

Ek het dit verwerk en aanbeweeg? Of so hou ek aan vir myself se. AAAiii. Die uiteinde was ek het die aanbod van van vriendskap anvaar, ek meen “nice guys always come second”.

Ek het weer my glimlag masker aangesit en die eksintrieke wêreld aangepak. So kom dit toe en ek hoor my pa of altans my rolmodel is siek. Die emosies het my net daar en dan vir’ n ses geslaan. EK dog dit gebeur net in films.D ie dokters het drie hartomleidings voorspel. Ek kon hoor die stemmetjies van die anderkant van die telefoonlyn was maar aansienlik din.

My suster :sarietha Engelbrecht, na wie ek op kyk, en soms baie jaloers is oor en dan n argument soek om haar net te laat besef eks ok hier. Het my van die begin af gese: “jy moet nie worry nie, die Here het ‘n doel” My glimlag het so deur die hartseer begin prik-prik. Die ‘fantastic 4″, of altans die Engelbrecht gesinnetjie, het die dag voor die operasie ‘n etetjie gaan saam eet. My agterkop voel dit soos waar leonardo in titanic sy laaste woorde uitsypel… Dit het gevoel hy kom sê baai.

Die krag van bo was asemrowend! My pa het met nie n tikkiese foutjie uit die hospitaal gestap nie. Dit het gevoel asof my emosies van glimlag, hartseer en verbaasheid gelyk terug in my gesiggie spring.

Ek het net besef emosies is die ding wat jou help vasklou. Dit is nie net ‘n uitdrukkings metode nie, nee, dit keer dat jou varkies nie uit jou hok spring nie! Dit is nou as jy n hok het?

Ek is nogsteeds die skemerkind binne myself….My emosie leer ek ken! En my geloof bou sterker. Ek weet die lewe is soos ‘n wipplank, maar eks bereid om saam te wip/wieg – my emosies in die anderkant van die wipplank sit,en myself uitbalanseer.

Die kern is glo en jy sal vêrkom!

~ by skemerkind on April 17, 2007.

Leave a Reply