Seisoen Engel (gedig)

•April 18, 2007 • 2 Comments

 

Suiwer maak ek die weg oop

Die vlee sit op my kop

Eks verlore op soek na jou

Maar tog konsentreer ek want eks die verlore ou

 

Ek het my e-mail gelees van jou

En skielik besef ek maar ek voel nog iets vir jou

My oë blooi die onwaarheid weg

En eks so jammer maar jy is my weg

 

Ek soek na die sterre en kry die see

Ek waai vir die bome maar die seisoene stagneer

Verlore kind met vlerkies op sy rug

Maar eintlik is dit n skoenlapper op soek na die lig

 

Die donga in die grond

Gegrawe vir my kwaad

Want daars geen rede om weer n stupid fout te maak

 

Maar eintlik smag ek na die waters van bo

Maar wat ek kry is n glimlag

En ek weet dat Hy kyk na my met Sy oë

 

Eks ondankbaar vir wat ek als het

Die suiwer lug,son,maan en vriende wat my ondersteun

Maar tog soek ek na my soek vir myself

Tot ek besef dat as ek in myself delf kan ek die antwoord

vind

Want diep binne elke mens bly almal n kind

 

Die wind kan waai en die tyd kan loop

Maar die kringe en die lewe is groot

En ek stap die paaie en loop my loop

Maar besef my engel dat jy altyd my middelpunt van my denk wyse sal bly

En met foute,kwaad ,smart en verdriet bly jy my harte dief

Die weerkaatsing van emosies…

•April 17, 2007 • Leave a Comment

 

dscf7624.jpg

Ek weet nie van julle, maar ek is redelik ‘n maskermens as dit by emosies kom.

Ek het gewoonlik my vriendelike gesigie op. As mense vra hoe gaan dit sal ek se goed, ag wat die normale sirkel van die lewe. Ek het die afgelope maand soos n wasgoedmasjien gevoel soos my emosies krieket gespeel het met my.

Ek was gelukkig tot die meisie wat ek regtig mal oor was, en nogsteeds vir haar voel bietjie vas gesit het. Die uiteinde was toe regtig ‘n “uit” einde. Ons was toe nie meer saam nie. Die hartseer het my begin klouter, maar ek het my man probeer staan. Die week het gesukkel om verby te vlieg en my denke was nie objektief nie. Ek het meer teen myself baklei. My moet was saam geskraap en sondag praat ons die dinge uit? Of so het ek gedink…Drie dae later hoor ek van n ander karnalie wat sy getakel het.Weerneens was dit hartseer wat oorheers, meer woede en natuurlik verbaas.

Ek het dit verwerk en aanbeweeg? Of so hou ek aan vir myself se. AAAiii. Die uiteinde was ek het die aanbod van van vriendskap anvaar, ek meen “nice guys always come second”.

Ek het weer my glimlag masker aangesit en die eksintrieke wêreld aangepak. So kom dit toe en ek hoor my pa of altans my rolmodel is siek. Die emosies het my net daar en dan vir’ n ses geslaan. EK dog dit gebeur net in films.D ie dokters het drie hartomleidings voorspel. Ek kon hoor die stemmetjies van die anderkant van die telefoonlyn was maar aansienlik din.

My suster :sarietha Engelbrecht, na wie ek op kyk, en soms baie jaloers is oor en dan n argument soek om haar net te laat besef eks ok hier. Het my van die begin af gese: “jy moet nie worry nie, die Here het ‘n doel” My glimlag het so deur die hartseer begin prik-prik. Die ‘fantastic 4″, of altans die Engelbrecht gesinnetjie, het die dag voor die operasie ‘n etetjie gaan saam eet. My agterkop voel dit soos waar leonardo in titanic sy laaste woorde uitsypel… Dit het gevoel hy kom sê baai.

Die krag van bo was asemrowend! My pa het met nie n tikkiese foutjie uit die hospitaal gestap nie. Dit het gevoel asof my emosies van glimlag, hartseer en verbaasheid gelyk terug in my gesiggie spring.

Ek het net besef emosies is die ding wat jou help vasklou. Dit is nie net ‘n uitdrukkings metode nie, nee, dit keer dat jou varkies nie uit jou hok spring nie! Dit is nou as jy n hok het?

Ek is nogsteeds die skemerkind binne myself….My emosie leer ek ken! En my geloof bou sterker. Ek weet die lewe is soos ‘n wipplank, maar eks bereid om saam te wip/wieg – my emosies in die anderkant van die wipplank sit,en myself uitbalanseer.

Die kern is glo en jy sal vêrkom!

skemerkind

•April 15, 2007 • Leave a Comment

Skemerkind

Eks uiteindelik hier…clouds3.jpg

Dus als te danke aan my kamermaat en kamerraat Bernard Bravenboer…die title van my blog kan dalk duister voorkom.Dit is net presies n beskrywing van wat my blog gaan behels en wat my blog gaan weergee….

Dit gaan oor my lewensfilosofie so ook my lewenstyle,my humorsin en hoe ek voel oor die wêreld wat kamstig rond en eenvoudig is!Ek wil net se ek is maer nog n embrio in die blog storie…so ek sien uit om te groei en te leer by die kenners!So gee raad en help as jy foute sien…

Dit is dan als van my kant.

Glo en jy sal vêrkom!

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.